Chin-chin • Cheers! • Lekker. • Hoi • Op vriendskap • to friendship • Vimos 2019

**English version below**

IMG-20190403-WA0052

Alhoewel ek nie die dag saam met Riana (die stigter) spandeer nie, het ek die voorreg gehad om in April saam met haar ‘n paar glasies te klink. Ook in die foto: Hartsmense, Jaco en Nicolene Walters. • Even though I cannot spend the day with the founder, Riana, I did have the opportunity to cheers quite a few drinks with her during April. Also in the photo: Jaco and Nicolene Walters.

Liefste leser.

Dit is alweer sulke tyd. 24 uur toegewyd daaraan om vriendskap te vier: Vimos-dag. ‘n Dag wat vir my elke jaar net soveel ryker aan betekenis is. Deels omdat die vriendskap wat ek met die stigter het eksponensiëel gegroei het vandat ek dit in 2016 ook begin vier het, maar ook omdat ek waardevolle lesse rondom vriendskap geleer het gedurende dié tyd. Soms goed, soms sleg. Altyd nodig.

Lees hier oor die ontstaan van Vimos-dag:  Vriende & Vonkelwyn • VIMOS • Friends & Champagne

Lees hier die stories wat ek vertel het elke ander jaar wanneer ek my glasie geklink het op vriendskap: Vimos-dag 2017Vimos 2018 ∙ Sjampanje enige iemand? ∙ Champagne anyone?.

Sedert Vimos-dag 2015 was die lesse rondom vriendskap wat vir my uitstaan soos volg:

  • As dit nie onvoorwaardelik is nie, hou op jou tyd mors. Bygesê, vriendskap is ‘n twee-rigtingverhouding.
  • Soms is dit okay om te laat gaan al het julle ‘n lang geskiedenis.
  • Een-tot-een tyd is belangrik.
  • Luister. Veral as iemand iets doen/sê uit omgee uit.
  • Ons verdien party mense nie en party verdien ons nie. Tref onderskeid tussen die gevalle wat jy die dooiegewig moet laat vaar, of wanneer hulle en jy net mens was/is.

Hierdie jaar gaan ek jou nie vertel hoe wonderlik elke tipe vriendskap is en gesels oor my ongelooflike herinneringe nie, maar eerder iets meer eenvoudig doen en dankie sê. Hierdie is in lyn met my huidige missie om my lewe ‘n bietjie te springclean en vereenvoudig. Eenvoudigheid; ‘n underrated term in my opinie. En só gaan ek ook hierdie jaar op ‘n eenvoudige manier spandeer met lekker borrels en hartsmense. Ek hoop dat julle ook regoor die wêreld vandag ‘n glasie saam met ons klink op die ongelooflike voorreg om ‘n vriend(in) te wees en te hê. Cheers! Chin-chin! Hoi! Lekker.

Ek deel met julle een van die paar gedigte wat ek geskryf het wat handel oor vriendskap (eintlik vir die digbundel wat in die pyplyn is  – watch this space). Hierdie is nie geskryf met één persoon in gedagte nie, maar dit probeer stukkies van baie vriendskappe saamflans – as jy jouself daarin sien, dankie. As jy ook sulke mense het, sê dankie. Wees dankbaar. Maak seker hulle weet dit. Ek is geseënd met die bestes van die bestes. Julle maak seker my standaarde in mense is hoog. Julle is gaaf. Braaf. Vriendelik. Sterk. En het goeie smaak in wyn. Ek leer elke dag by julle.

Hiermee verlaat ek julle vir dié sessie met die gedagte dat jy ook asseblief hierdie jaar moet seker maak dat jy vriende is met jouself.

Daarsy! Shoutout to all the cool ones; hierdie een is vir julle:

dis snaaks, hoe ek vanaand die wêreld wou haat

omdat ek alweer bedien is met ‘n koue koppie arseen.

toe jy en jou ewig gewillige skouers opdaag.

of my toelaat om jou bank/spaarkamer te annekseer.

hel, ek begin al skuldig voel.

dat jy altyd eerste verskyn op my hart se ongelukstonele.

waar die skerwe skerp is en my hande onseker oor die pad.

maar daar is jy.

met jou koffie wat saamgeflans word met

(soms) preke en liefde en verstaan.

harde waarheid en tough love, my dear.

dat jou frequent caller my naam al ken.

en dat jy soms ‘n goeie nagrus verruil vir niksseggende,

giggelende, babbelende whatsapp-calls

waarin ons infinite voel en die wêreld ons speelgrond is.

jy weet altyd watse les wanneer opgedis moet word.

ek kon nog nooit verstaan hoe kry jy dit reg nie.

soms mompel ek slegs onhoorbaar.

of kyk ek net vir jou ‘n sekond te lank.

dan kook jy al die ketel. of kry die kurktrekker.

en jy sug nooit en vra ‘alweer’ nie.

nie eers die honderste keer nie.

soms dwing jy my om te sokkie

wanneer ek dink ek wil eerder die muurblom wees.

of jy laat my verstik van die lag aan die trooskoffie.

vee die trane af wat gemaklik voor jou voete kom lê.

ek verdien jou nie.

op vriendskap: hede, verlede, toekoms.

al my liefde,

L xx

Dear reader.

It is that time of the year again that we dedicate 24 hours to celebrating the wonder of friendship on Vimos-day. A day that has grown all the more important to me since I joined this heart-warming tradition in 2016. This might be partly thanks to my friendship with the founder that has grown exponentially since then and also because I have learnt my fair share of lessons concerning friendship. Some lessons good, some not so comfortable; all of them necessary though.

Read here about the origin of Vimos-day: Vriende & Vonkelwyn • VIMOS • Friends & Champagne

Read here about the all the other years that I have written about friendship when celebrating Vimos-day: Vimos-dag 2017Vimos 2018 ∙ Sjampanje enige iemand? ∙ Champagne anyone?.

Since Vimos-day 2018, I have learnt the following:

  • If it is not unconditional, don’t waste your time. That being said, friendship is a two-way street.
  • It is okay to let go even when you have a long history with someone.
  • One-on-one time is fundamental.
  • Especially when someone says things out of care.
  • We do not deserve some people and some don’t deserve us. Make sure to distinguish between deadweight that needs to be left behind or times that are necessary and part of the cycle of friendship and human nature.

This year I am not going to tell you stories about friendship or memories that I cherish, but keep it simple and leave you with a mere word of gratitude. This fits in with my current mission to simplify life. Simplicity; an underrated term in my opinion. Which also describes the manner in which I will be spending my Vimos-day this year. I hope that a few of you are also having a glass of champagne today and will be making a toast to the privilege of being able to be and have a friend.

I’d like to share one of the few poems I have written about friendship for my poetry anthology that is in the pipeline (watch this space). Bear in mind, this was originally written in Afrikaans. It was not written about or for a specific person in mind, but in the attempt to capture parts of various friendships. If you see yourself in this, thank you. If you have similar friendships, say your thanks. Show your appreciation. I am blessed with the cream of the crop. I blame many people in my life for my high expectations in others. You are kind. Brave. Strong. And have good taste in wine. I learn from you every day.

Also, remember to be friends with yourself and speak kind words to your own heart and body.

Here we go! Shoutout to all the cool ones, this is for all of you out there:

funny, how I wanted to hate the world tonight

because I was once again served with a cold cup arsenic

then you and your always ready shoulders pitched.

and I took advantage of your open door policy.

hell, I am starting to feel guilty.

that you always arrive first at the accident scenes.

where my heart rests shattered.

and my hands seem lost.

but then there you are.

with your perfect coffee blend

infused with (sometimes) speeches and love and understanding.

hard truths and tough love, my dear.

your frequent caller knows my name by now.

and you sacrifice a nights’ sleep for long,

meaningless, giggly whatsapp calls about nothing and everything.

in which we feel infinite and the world is our playground.

you always seem to know which lesson to teach when.

I’ve never quite figured it out.

sometimes I only mumble incoherently.

or look at you for a moment too long.

next moment the kettle will boil. or you’ll get the wine opener.

and you never ask me ‘why this again’.

not even the millionth time.

sometimes you make me dance

when I’d much rather be the wallflower.

or have me choking on your comfort coffee from too much laughing.

you wipe up the tears that comfortably lays at your feet.

I do not deserve you.

to friendship: past, present and future.

all my love,

L xx

Vimos 2018 ∙ Sjampanje enige iemand? ∙ Champagne anyone?

**English version below the Afrikaans version** 

Dis weer Vimos-dag, ‘n dag ingestel deur Riana Jeffery om die ongelooflike voorreg om vriende te hê te vier. Lees meer oor wat hierdie dag beteken en hoe dit ontstaan het by Vriende & Vonkelwyn • VIMOS • Friends & Champagne. Dis my derde jaar wat ek deel is daarvan (Vimos-dag 2017) om hierdie spesiale tradisie voort te dra, en ek besef elke keer met nuwe waardering hoe besonders dit is en hoe gelukkig ek is om omring te wees met mense wat vriendskap net so belangrik soos ek ag. Hoe nodig dit is, om een dag in die jaar net dankie te sê en hoe dan anders, as met ‘n glasie vonkelwyn? ‘n Goeie vriendin van my vertel nogal dat mens jou plig en verantwoordelikheid as vriend(in) ernstig moet opneem, dis nie ‘n reg nie, maar ‘n seën.

Liewe leser.

Iemand wys het eenkeer gesê: “Why we need best friends: Because they laugh at the same stupid things we do. Because they give us honest advice. Because they will be there for us, even if they’re thousands of miles away. Because they celebrate with us when we’re at our best, but still love us at our worst.” Ek weet nie wie dit gesê het nie, iemand cool het dit net met my gedeel. En ek dink dit is baie waar, alhoewel dit nie eers die helfte van die magic vasvang nie. Die magic van sjampanje drink in ‘n ander land omdat julle julle vriende se verlowing wil vier, die magic van onvoorwaardelike omgee en lag en onbeplande aande. Die magic van vining inval vir ‘n koppie koffie of daai ekstra Aardklop opvoering of ekstra sny koek. Die magic van altyd, maar ALTYD ‘n ondersteuningsnetwerk het wat bereid is om jou te vang en te dra, wanneer jy sukkel om dit op jou eie reg te kry.

Met dié dat ek die lang lys van dinge wat moet gedoen word afskeep om hierdie te skryf, sit en dink ek ‘n bietjie oor vriendskap en die laaste jaar. Hoe ons almal strewe na ‘n blommende sosiale lewe, want vriendskap is een van die mees rewarding goed in die wêreld. Ek dink aan ou vriende, nuwe vriende, huidige vriende – presies soos wat Vimos-dag dit betaam. Selfs al loop nie al die vriendskappe altyd soos wat ons sou wou hê dit moet nie, glo ek elke verhouding was daar vir ‘n rede. Ek dink nie ons mag dit ooit na die tyd die betekenis wat dit op daardie oomblik gehad het, ontneem nie, selfs al wil ons hoe graag vir onsself laat glo dat ‘n vriendskap nie baie beteken het nie omdat ons seer gekry het. Op ‘n tyd was hulle vir jou belangrik en dis genoeg om hulle te eer daarvoor. Moet nooit spyt wees oor iets wat eens op ‘n tyd goed was vir jou hart nie.  Identifiseer die lesse, waardeer hulle en lag steeds oor al die goeie tye.

Ek is vandag besonders dankbaar vir vriende wat al langpaaie stap saam met my en ook nuwe vriende. Ek is dankbaar vir die vriende saam met wie ek soms net om ‘n vuur kan sit en alle lyne kan vergeet en net myself wees, maar ook vir die saam met wie ek kan mooi aantrek en in fancy plekke wyn drink. Ek dink nie sekere tipe vriendskappe is beter of meer waardevol as ander nie, ek dink elke tipe vriendskap het ‘n rol om te speel en mens moet dit waardeer vir daardie rede.

Ek het nie besef hoe moeilik dit gaan wees om met al die vriende van mens se kinderdae kontak te hou wanneer almal in hulle eie rigtings in neuk nie, maar sommiges maak dit maklik. Sommiges bly 200km weg, tog voel dit of julle mekaar heeltyd sien. Hierdie mense ken jou beter as wat jy jouself ken en maak elke bietjie frustrasie rondom skedules korreleer die moeite werd. Dis daardie plek waar al jou filters verdwyn en die pyn op jou maag van al die lag jou uitasem het. Dis die skouers wat al meer moes dra as wat jy geweet het moontlik is. Die gunstelinge op jou foon se oproepe. Dis nodig. Ek weet baie mense wil net wegkom van hulle verlede af, maar ek dink tog as jy ‘n plek het wat nog soos huis voel sodra jy in hulle teenwoordigheid is ongeag die ligging, moet jy dit nooit laat gaan nie. Ongeag waar julle opeindig. Hierdie is die mense wat jou siel gaan uittrek op jou troudag, die mense wat jou gaan optel wanneer ander mense jou as te veel sien, die mense wat jou in die aande troos en die een-te-veel glas wyn aanbeveel, die mense wat regtig familie is. Jou hartsmense. Ek het grootgeword met die volgende twee aanhalings aan twee verskillende kante van my familie: “Ek is gelukkig, want my familie is my vriende,” en “Ek ag vriendskap baie belangriker as familie; ek is wel geseënd dat van my familie my vriende ook is.” Die teendeel is natuurlik meer gereeld die geval, waar jou vriende jou familie is. Jou Kersfees-tafel, jou optel, jou hartkenners.

Nuwe vriende. Die mense wat ‘n inkopie-trip laat voel soos ‘n avontuur op sy eie. Die wat die vryheid wat Universiteit bied saam met jou ten volle geniet en in middernagtelike ure roomys gaan eet. Dis die mense wat saam met jou kan sit en kerm oor die nuwe uitdagings en wat jou nou ken op ‘n manier wat niemand anders jou ooit gaan ken nie. Die mense wat byname het vir al jou crushes en wat almal se storie ken nog voordat hulle hulle ontmoet. Die mense wat voel asof jy hulle al vir ewig ken, al is dit net ‘n paar weke. Dis angswekkend om te dink dat ons almal ook begin om uitmekaar te spat regoor die wêreld. Maar dis ook cool, om te weet ongeag waar julle julleself bevind, julle eens op ‘n tyd die beste tyd van jou lewe saam met hulle gehad het. Waarvan van hulle gaan bly vir ete.

Ek (en my ma) het ‘n paar van ons hartsmense gevra oor hulle persepsie van vriende of die lesse wat hulle al geleer het. Ek dink ons kan altyd leer by ander of net weer herinner word van iets wat ons reeds vergeet het. Een van my gunstelinge was: “Daar is niks so mooi en so eerlik soos ‘n vriendin met ‘n kras bek en ‘n bottel wyn nie.” En presies dit. Jy kan dit mooi toedraai met fyner woorde soos “Hartsvriende gee perspektief” en “Goeie vriende sê hardop wat jy nie eintlik wil hoor nie”, maar dis tog waarop dit neerkom. Ek dink ook dis nogal belangrik om as vriende te kan praat oor dinge. Oor goed waaroor julle nie saamstem nie of oor dinge wat jou seermaak, dit wys dat beide die vriendskap waardig genoeg ag om dit nie weg te gooi vir sommer enige rede nie en mekaar respekteer. Jy moet jou vriende sorgvuldig kies, want jou vriende word jy en jy word jou vriende.

Ek het in die laaste jaar weer besef hoe besonders geseënd ek is. Ek weet nie wat sou ek sonder my vriende doen nie. Heel moontlik minder wyn drink, maar wie wil dit nou in elk geval doen? Dus wil ek hê jy moet weet, dat ek jou waardeer. Ongeag vir watse rol jy in my lewe het of gehad het of gaan hê. Vir die lesse. Vir die lag. Vir die lewe die moeite werd maak.

Op vriende; verlede, hede en toekoms.

Gelukkige Vimos-dag!

Lindie xx

 

 

***English version*** (with help from Stephnie)

It is Vimos-day again, a day dedicated by Riana to celebrate the privilege of having friends – and what an absolute privilege it is. To read more about the history and meaning of Vimos-day go to Vriende & Vonkelwyn • VIMOS • Friends & Champagne. This year is my third year (Vimos-dag 2017) to join in on the tradition and hopefully keep it going for many years to come. And with every passing year, I again realise how special it is and how lucky I am to be surrounded by people who prioritises friendship just as much as I try to. How necessary it is, to take a day and just thank the people in your life, and what better way than to do it with a glass of champagne? A good friend of mine coincidentally reminded me today that you should take your responsibility of being a friend very seriously, as it is not a right at all, but a blessing.

Dear reader.

Someone wise once said: “Why we need best friends: Because they laugh at the same stupid things we do. Because they give us honest advice. Because they will be there for us, even if they’re thousands of miles away. Because they celebrate with us when we’re at our best, but still love us at our worst.” I don’t know who said it, someone cool just shared it with me. Point is, I totally agree with the statement, even though it doesn’t really capture even half of the magic that really lies in friendship. The magic of celebrating friends’ engagement with others in another country when you get the news, the magic of unconditional care and laughing and unplanned nights. The magic of quickly stopping by for a coffee or that extra show at a festival or that extra slice of cake. The magic of always, ALWAYS having a support network who is there to catch you and carry you, when you struggle to do it on your own.

While procrastinating on actual work to write this, I’ve had quite a few thoughts on friendship and how much I have once again learned over the past year.  It is cool how most of us strive towards having a busy social life, as friendship is one of the most rewarding things you can find in life. Today, I think of old friends, new friends and current friends – exactly as Vimos-day was intended. Even if all our friendships don’t always g(r)o(w) the way we want them to, I firmly believe that all relationships happen for a reason. I don’t think we should ever take the meaning it had in that moment away, even if we want to believe that it did not mean a lot because we got hurt. At some point in time they were important to you and you should appreciate them for it. Never regret something that was once good for your heart. Identify the lessons, appreciate it, and keep on laughing and cherishing the good times.

Today I am especially thankful for the friends that stuck with me through the years, and also to all my new friends. I am thankful for the friends with whom I can sit next to a fire and forget all the boundaries and just be myself, but also for the friends I can dress-up with and drink wine at fancy places. I don’t think some types of friendships are better or has more value than others, I truly believe that every type of friendship has a role to play, and you should appreciate it for that reason.

I didn’t realise how hard it would be to stay in touch with the friends from childhood, but some of them makes it easy. Even when they live 200kms away, it feels like you see them all the time. These people know you better than you know yourself and they make every bit of the frustration that comes from trying to correlate busy schedules worthwhile. It is with them that all your filters disappear and you get a stomach ache from all the constant laughter. It is these shoulders that has had to carry more than you thought was possible. The favourites on your contact list. This is necessary. I know that a lot of people want to leave their past behind, but I think if you still have a place that feels like home when you are with them, no matter where you are, you should never let it go. Is doesn’t matter where you end up. These are the people that will torture you with embarrassing stories on your wedding day, who will pick you up when others see you as being too much, the people who will comfort you in the dark and recommend that one-too-many glass of wine, the people who became family. The guardians of your heart. I grew up with the following two sayings on different sides of my family: “I am lucky, because my family are my friends,” and “I think friendship is more important than family; I am however blessed because some of my family are my friends as well.” The opposite is often more generally found, in which it is your friends that are your family. Your Christmas-dinner, your pick-up, your soul mates.

New friends. The people that transform a shopping trip into an adventure. Those who enjoy the freedom that University provides you with and who goes out at midnight just for ice-cream. These are the people that will sit and moan with you about the new challenges that comes with adulting, and who knows you in a way that no-one else ever will. The people who has nicknames for all your crushes and who knows everyone’s story before they meet them. It feels as if you have known them your whole life, even if it has only been a few weeks. It is shocking to think that we are also already going our separate ways. It is cool to know that no matter where you find yourself, at some time you had the best time of your life with these people. Some of which have become lifelong friends.

My mom and I asked a few of our close friends about their perception of friendship or the lessons they have learnt. I think that we can always learn from others, or just be reminded about some things that we have already forgotten. One of my favourites were: “There is nothing as beautiful and honest as a friend with a sailor’s mouth and a bottle of wine”. You can wrap it up with nicer words like: “Good friends give perspective” and “Good friends say the things that you don’t really want to hear”, but it comes down to the same thing. I also love that friends can talk about things. Things that they don’t agree about or things that hurt you, it shows that both of them appreciate the friendship enough to savour it instead of throwing it away over just anything. It shows a mutual respect. You also have to choose your friends carefully, as with time, your friends become you and you become your friends.

In the past year I have once again realised how lucky I am. I don’t know what I would’ve done without my friends. Most probably drink less wine, but who would want to do that? Therefore, I want you to know that I appreciate you. No matter what role you have, had or will have in my life. For the lessons. For the laughter. For making life worth living.

To friends; past, present and future.

Happy Vimos-day!

Lindie xx

 

“It is both a blessing and a curse to feel everything so very deeply.” – David Jones

IMG-20170716-WA0006

Liewe leser.

“Life is a series of tiny little miracles. Notice them.”

Ons is geneig om te wag vir groot oomblikke – verjaarsdagtoesprake, troues, vooruitbeplande gebeure – dat ons so maklik die klein wonderwerke in elke dag miskyk. Soos die bekende aanhaling lui: “There are two ways to live life. One, as if nothing is a miracle and one, as if everything is.” Ek dink dis nodig dat hierdie klein wonderwerke, deurbrake, oomblikke, ongelooflike mense begin neergepen word – want jy hoef nie noodwendig die volgende Noord-Koreaanse vredeskepper te wees om lewens te verander nie. (Dankie vir die idee om hierdie byna dagboekinskrywings te deel,  my gunsteling idee-skepper.)

Laat ek jou vertel van my onlangste ‘tiny miracle’. Ek het hierdie vriendin, wat hoog en laag sweer sy is suiwer ‘thinker’ eerder as ‘feeler’. En meeste van die tyd is sy. Soms, egter, syfer die gevoelens deur en wanneer jy die een is wat die dag toegelaat word om ‘n drukkie te kry van haar af (uit haar eie uit) – weet jy sommer, jou dag is gemaak. You have been chosen.

So een aand, nie te lank terug nie, het ons sommer so gesprek voor bedtyd – soos meeste aande, aangesien ons saam bly.

“Lekker slaap!” Afgehandel. Goed. Ek gaan nou verder wyn drink, en sy gaan slaap.

Sy draai egter terug, kyk my in die oë en sê: “Ek is lief vir jou.”

En dit, dames en here, is die klein wonderwerke waarvan ek praat. Die oomblikke waarin vriendskappe vasgelê word, wat harte aangeraak word, wat lewens die moeite werd maak.

Dankie dat ek, ons, die absolute voorreg het om jou hart soms vir jou op jou mou te takseer selfs wanneer jy teen dit wil stry. Dankie dat jy meeste van die tyd ons almal se steunpilaar is. En dankie dat jy ons toelaat om soms joune te wees.

Ek vir jou ook.

Jy inspireer my.

xx

“I have loved the stars too fondly to be fearful of the night.”

“Life is like driving a car at night. You never see further than your headlights, but you can make the whole trip that way.” – E.L DoctorowStadsliggies verstaan my stilte

Liewe leser.

Jy weet mens kry soms hierdie oomblikke, wat jy wil vasvang in woorde of op kamera, maar ongeag hoe hard jy probeer, dit laat dit net nie tot reg kom nie? Ja, hierdie was een van hulle, maar ek wil graag hierdie vasvang sodat jy dalk ook iets hieruit kan neem – so kom ek neem jou saam met my op reis…

Vroeër hierdie jaar is ek en ‘n goeie vriend op ‘n mission in Potchefstroom. Ons ry die Sondagaand laat terug Pretoria toe, besig om Ekonomie te quiz sodat hy reg is vir die eksamen die volgende oggend. Nou, om konteks aan hierdie aand te gee: Ons ken mekaar in die eerste plek toe nog nie so lank nie. Nie een van ons doen op hierdie stadium die cheesy ‘Dankie dat jy daar is vir my’ one-liners nie. Okay, ons is nou nog nie so goed daarin face-to-face nie. Elk geval, eers gebeur dit dat hierdie liewe mens so one-liner daar uitruk. Ek belowe, hy sal tot vandag toe dit nie erken nie, maar ek onthou hierdie so goed soos gister. Reeds, is hierdie aand gemaak.

Ons, aspirante skrywers/die kreatiewes, is mos maar eintlik gestraf daarmee om sentiment en betekenis en watokal alles in elke oomblik te wil soek. Só bêre ons vir eers die Ekonomie handboeke en kry koffie langs die pad. Soos die huis nader kruip, en die Johannesburg-stadsliggies aan beide kante van ons oorneem, luister ons na my geliefde Riku Latti op die radio. Sagte, fluweelstem. Rustig. Amper soos iemand wat alleen in New York se strate wandel gedurende Kersdag, opsoek na geselskap, en Michael Bublé sing ‘Home’ in die agtergrond.

“Weet jy waaraan laat hierdie toneel my dink?” vra hy ietwat droomverlore tussen die liggies langs die snelweg. Weereens, hy sweer hoog en laag dis nie hoe hierdie gebeur het nie. Dit het.

So mooi as wat ek ook hierdie liggies vind, soveel verstaan as wat dit al vir my gebied het, slaan ek steeds uit in hoendervleis met sy antwoord.

“Dit herinner my dat alles okay gaan wees. Jy weet? Dat ek eendag hier gaan ry, van die werk of waarokal af, en by een van hierdie liggies gaan ‘n huis wag met mense wat my familie is en my mense is. En dit gaan okay wees.”

So volgende keer wat jy die stadsliggies sien, of op die snelweg ry en verlang na mense wat jy nie ken nie, weet: Dit gaan okay wees.

Jou woorde inspireer. Jy inspireer. En weet jy wat? Eendag gaan jy dit glo, sonder dat ek dit daagliks hoef te preek.

Dit gaan okay wees.

xx

Wie is Retief Scholtz, buiten die meesterbrein agter toneelstukke ‘Dop’ en ‘Karel se Oupa’?

‘n Aanhaling deur Willem Dafoe lui: “Great theatre is about challenging how we think and encouraging us to fantasize about a world we aspire to.”

En ‘n ander deur  Tennessee Williams: “The theatre is a place where one has time for the problems of people to whom one would show the door if they came to one’s office for a job.”

Ek is in die ongelooflike bevoorregte posisie waarin ek groot gemaak is met ‘n prioriteit in my lewe vir kultuur en tradisie, en ‘n groot liefde vir die teater. Vir die stories. Vir die karakters. Vir die lesse. Vir die manier waarop my denkwyse se beperkinge uitgevee word en die manier waarop iets so lekker, jou dwing om te groei. En ek vind dit byna soos ‘n magiese krag, dat ander se woorde op so ‘n manier emosies kan lok uit ‘n gehoor van verskillende mense en persoonlikhede. Die eerste staatsteater stuk wat ek gesien het was in 1997, The Wizard of Oz, toe ons nog deftig moes aantrek en ek kompleet uitgevat was in ‘n wit en groen balrokkie. Vandag is dit my wegbreek na ‘n gelukkige plek, na ‘n plek wat al vir my soos die huis voel. En het Retief Scholtz, skrywer van ‘Dop’ en ‘Karel se Oupa’, my nie absoluut vervoer na ‘n wêreld ver buite die een waar die politiek en ekonomie ‘n gemors is nie. Na een waar die karakters op die verhoog vir my soos vriende begin voel het.

‘Dop’ is propvol Afrikaanse sê-goed en idiome, tussendeur die lewenslesse. Wanneer Retief gevra word of daar baie idiome gebruik is in sy huis as kind, antwoord hy so ewe nederig dat hulle familie gehou het van slim speel met taal, maar daar nou nie regtig pertinent idiome gebruik is nie. Ongeag, dis beslis te danke aan sy familie dat hy vandag so liefde vir taal het.

Retief Scholtz. Volgens hom sommer net ‘n doodgewone ou, wat daarvan hou om gelukkig te wees en ander gelukkig te sien – het vir my sulke mooi antwoorde gegee op al my vrae dat ek eintlik net die opname vir julle wil speel, want wie kan dit eerlikwaar in beter woorde stel as hyself? So kom ons gee dit maar ‘n kans…

Ek in my natuurlike habitat. _-)

Retief in sy natuurlike habitat

Hy is gebore in Johannesburg in 1984, maar het na Groblersdal in Limpopo getrek op die ouderdom van nege waar hy eers op die dorp gebly het voordat hy sy lyf gaan plaasseun hou het. Nie net was hy bevoorreg om die beste van twee wêrelde te beleef nie, maar selfs nou kan hy vir sy ouers hier gaan kuier wanneer die lewe in die Kaap te veel raak (wat nie juis binnekort sal wees nie, klink dit my).

Alhoewel hy eers redelik laat in sy lewe drama gaan studeer het, is dit hier waar hy sy liefde vir skryf en toneel ontdek en ontwikkel het. Meer spesifiek, in die Teks Analise-vak is presies waar hy gefassineerd geraak het met dialoog. Van hier af het hy begin skoolkonserte en klein projekkies aanpak. Vandag is Retief geseënd genoeg om meeste van elke dag stories te kan skryf – en hierdie is presies waar hy steeds homself oor vyf jaar wil bevind. Stories in ruil vir brood en botter – die absolute woordliefheber se droom. Hy werk vir Zebra Worldwide in die Kaap, waar hulle TV- en fliekkonsepte skryf en in die aande werk hy aan sy tonele en ander skryfwerk.

As dit kom by sy toneelstukke was die ‘big break’ die stuk genaamd ‘Dop’ wat al vir die

DOP cast

Die ‘dop’ span

laaste jaar of wat sy rondtes maak deur die land op al wat ‘n verhoog is. Nie net dit nie, stap hulle sommer weg met ‘n vrag vol nominasies en toekennings. Wanneer dit kom by nominasies en toekennings, het hierdie kunstenaar ‘n berg wat bykans Mount Everest kan ewenaar. Onder meer, sluit dit toekennings in soos: woord-trofee nominasies vir Andre se spel, vyf kanna nominasies van KKNK (waarvan hy kan spog as die wenner van die nuutste nuutgeskrewe stuk). Ses Naledi toekennings in Junie en nog n magdom ander (hierdie is een geval waarin Wikipedia nie die draak steek met ons nie!)

‘Dop’ is ook die stuk wat my laat wonder het wie hierdie ongelooflike dialoog kon skryf en wou delf in sy gedagtes in. Kosie Smit (vervaardiger) en André Odendaal (speel die rol van Frank in ‘Dop’) het Retief genader met hierdie idee van ‘n man wat in die kroeg in stap en dan met die kroegman gesels. Van hier af het Retief se gedagtes begin dwaal na die verskille tussen generasies en hoe ons dink ons verskil, maar eintlik doen ons nie regtig nie. Hy het gaan ondersoek in stel na hoe ons situasies hanteer en daarop reageer. Hy, soos al my gunsteling platforms (byvoorbeeld Humans of New York) is word weggevoer deur die gewone man op die straat se storie en dis hoe die storie toe nou uiteindelik gebore is. En weer bewys die dialoog ons dat die die mees onvergeetlike stories baie keer wegkruip agter die gesig waarna jy nie twee keer op straat kyk nie. Selfs hierdie talentvolle skrywer moes vyf of sewe of hoeveel pogings skryf – wat aansluit by Retief se rolmodelle. Hy sien elke mens wat aanhou probeer, wat opstaan, wat baklei vir sy drome, as ‘n waardige rolmodel.

Ek saam Kosie Smit en Sylviane Strike

Kosie Smit, Sylviane Strike en Retief

Okay. Rewind. Terug by ‘Dop’. Retief vertel in ‘n droomverlore-stem van die eerste keer wat hulle almal om ‘n tafel gesit het en die stuk deurgelees het. Hy reken die magic was byna tasbaar! Dit is in hierdie oomblik wat hy net opnuut besef het hoe spesiaal die stuk is. En die mense betrokke. Hulle stap omtrent as ‘n familie daaruit – een van sy gunsteling dele van die hele reis. Die openingsaand, waar hy omring was met soveel mense vir wie hy lief is, het maklik die ander gunsteling herinnering geword. Die oomblik wat hy die bekende woorde sien lewendig raak het op ‘n verhoog, en kon deel met die wêreld, is ‘n oomblik wat geen foto of beskrywing werklik sal kan raakvat nie.

Wanneer Retief homself voor ‘n kruispad vind in ‘n storie en nie weet in watter rigting die karakter wil beweeg nie, is dit gewoonlik in die stil ure tussen twee en ses in die oggend wat die antwoorde na hom kom soek. Hulle sê mos dat die ure wanneer die wêreld nog slaap, gemaak is vir die kunstige-siele.

Karel se oupa cast

Die ‘Karel se oupa’ span

Een van die stukke wat huidiglik in teater gesien kan word, is Karel se Oupa. ‘n Regte trane-trekker verdoesel in lukrake oomblikke van humor wat spog onder meer met akteurs soos Tobie Cronje, Neels Classen en Esmerelda Bihl. Deur gebruik te maak van satire en werklike aardse kwessies, vind die gehoor aanklank by ieder en elk van die karakters en is dit net weereens ‘n voorbeeld van Retief Scholtz se skrywers genie. Toe ek vra wat, volgens hom, die belangrikste aspek van karakterontwikkeling is het hy openbaar dat ‘n mens iets vir die karakter moet voel, deel word van hul denkwyse en maniertjies en hulle moet verstaan.

Ook ‘n nuwe stuk, genaamd ‘Weerkaats’ sal by Aardklop bekendgestel word – so maak seker jy bespreek betyds!

Weerkaats Aardklop 2017

‘Weerkaats’ te sien by Aardklop

Sit stil en lees. Fokus. Neem in. Want hy het sopas sy geheime puik-verhaal bestandeel gedeel. Kwesbaarheid en eerlikheid is die fondament waarop enige goeie storie gebou word. Iets waaroor mense daarna kan top. Al dink jy net vir ‘n sekonde daaroor, dink net. En met n siening soos hierdie is dit g’n wonder dat een van sy grootste ‘pet peeves’ is wanneer mense op ander trap om te bereik wat hulle wil bereik nie.

Nou, die vraag op almal se lippe. Glo hy in meerminne? “Ek dink meerminne is ‘n storie wat feetjies en kabouters opgemaak het sodat die aandag bietjie van hulle afgehaal kan word, ‘n PR trick.” En hierdie is ‘n stelling uit die perd se bek! Die meer kontroversiële onderwerp oor magic is ook iets wat hy nie skugter is om aan te pak nie. Die magic in sy lewe is daardie oomblikke waar mense met deernis teenoor mekaar optree selfs onder die moeilikste omstandighede en aakligste situasies. Magic is wanneer niks anders meer saak maak as twee mense wat mekaar help nie. Magic is in die basiese goed. Water. Drukkies. Skaterlag Gesigte. My. Jou.

Met hierdie seining en denkwyse, raak dit al hoe moeiliker om te glo dat Retief Scholtz net ‘n gewone mens is. Maar dit is wie hy is. En ek het die bewyse om dit te steun. Hy is iemand wie se gunsteling kos, kos is en wat ook series ‘binge watch’. Sy gunsteling boek op die oomblik is American Gods (iets wat hom fassineer) en volgens hom kan die mooiste Afrikaanse lyne in Gert Vlok Nel se bundel “om te lewe is onnatuurlik” gevind word. Die film wat steeds sy gunsteling is, is die storie van Klara Viljee, omdat sy vriendekring jaarliks haar verjaarsdag gevier het in Potch en die film dan weer gekyk het. En terwyl ons nou op die nostalgiese pad wandel blyk die raad wat hy homself ‘n dekade gelede sou wou gee dat alles okay sal wees.

So wie is Retief Scholtz? Doodgewoon. Gelukkig. Storieverteller.

 

 

 

 

 

 

Vimos-dag 2017

16 Mei 2017. Ek is oorval met ‘n dankbare hart.

“We must have adventures in order to know where we belong.”

Vimosdag

Op vriendskap. Verlede, hede en toekoms.

Hulle sê mens moet elke oggend met ‘n dankbare hart begin. Hulle sê ook dis die klein goedjies wat saak maak en dat ‘n dankbare mens meer oop is om nog dinge te sien om voor dankbaar te wees. Ek weet nie wie hulle is nie, maar hulle weet waarvan hulle praat.

Soos ek laasjaar geskryf het, Vriende & Vonkelwyn • VIMOS • Friends & Champagne, is Vimos-dag wat gister op die 15de gevier is, ‘n spesiale dag. Nie net vir die stigters nie, nie net vir die mense wat dit al al hierdie jare saam vier nie, maar vir my (en ek weet ‘n paar nuwe mense) ook. Al het ek nie gister ‘n glasie geklink saam met almal wat ‘n rol in my lewe speel nie, het ek heeldag oomblikke beleef saam met baie van hulle waarin ek net besef het hoe geseënd ek is.

Hetsy of dit wiskunde hulp was, of ‘n onverwagse koffie terwyl jy skripsie aanpak, of die

18446749_1888790838005592_318494775365256838_n

Riana en ek

“jy lyk mooi” in die gang. Ek moes ook vir ‘n oomblik net stil staan en asem haal tussen die 100 uitrusting-veranderings, omdat ek omring was met ‘n groep dames wat my lewe beter maak en ek die oomblik nooit wil vergeet nie. “Friendship goals”  soos Petra en Sarlien dit gister so by die naam genoem het.  Hierdie oomblik van beseffing, uitrustingveranderinge en haarsprei-aanwendings het ook natuurlik tot die gevolg gehad dat ons alweer laat is. Jaag, kry vir Stephnie. Mooi, elke bestuurder in Pretoria is ‘n idioot as mens laat is. Te danke aan die GPS in samewerking met De Beers-aanwysings en ‘n klein hoeveelheid backseat-driver-kommentaar (Stephnie), is ons uiteindelik by die Vimos-dag ete saam die een en enigste Riana.

18447677_1888791068005569_541298444885639309_n

Arthur ‘saber’ die bottel Dom Pérignon

Nes Napoleon, is die bottel sjampanje ge’saber’ deur Arthur met ‘n heel seremonieuse oomblik. Napoleon het dan altyd gesê: “Champagne! In victory one deserves it; in defeat one needs it.”

Maar ons het dit vervang met “Op vriendskap. Verlede, hede en toekoms.”

Dankie Riana, dat ek die voorreg kon hê om ‘n glasie saam met jou te klink en dat jy nie skroom om jou spesiale tradisie in my hande oor te laat nie. Ek voel geëerd.

Dankie aan elke liewe maatjie in my lewe. Op julle.

…en die keer klink ons ‘n glasie egte sjampanje. Lekker kos. Diep gesprekke. Oppervlakkige gesprekke. Maar meestal, ‘n oorvloed liefde.

‘n Huis vol normale mense wat inspireer

Huis s.nw (-e; -ie) 1. Gebou as woning vir die mens.

Kom-mu’ne s.nw (-s) 1. ‘n Groep persone wat met of sonder formele organisasie saamlewe om ‘n gesamentlike doel te bereik.

Tuis bw. 1. Op jou gemak; ontspanne.

IMG-20170418-WA0018

Varsity Cup Finals

Liewe vriend/vriendin/familie-lid/willekeurige leser,Haystraat-inwoner,

As deel van my skryfkursus wat ek aanpak hierdie jaar wanneer ek kans kry om asem te haal en nie my skripsie uit te stel nie, is daar vir my voorgestel om dagboek te hou of ‘n daaglikse inskrywing te maak op ‘n blog. Aangesien die dagboek ding nie langer as ‘n week by my hou nie en my blog vir ander doeleindes gebruik word (alhoewel… dit is mos normale mense wat inspireer) het Sybrand Harris se dankbaarheids-inskrywings my geinspireer.

IMG-20161104-WA0042

Wyn op die voorstoep

So vandag gaan tog ‘n dankbaarheid-verwante een wees. Vandag is ek dankbaar vir die kommune (en sy aanhangsels), soos jy reeds kon aflei hierbo.

Die kommune het na my drie jaar in Nerina die plek geword waar ek slaap. Jy kan self dink hoe anders dit is as ‘n koshuis. In 2017 het dit so uitgewerk dat Haystraat ses (as ek nou reg tel) koshuise verteenwoordig. Wat beteken ons lê ook soms vir ure op mekaar se beddens en uitstel terwyl ons fliek-lokprente kyk en ons staan ook vir ‘n groot gedeelte van ons vrye tyd in die gang en gesels.

IMG-20170403-WA0031

Grocery shopping wat cocktails word

Ja, dis nie altyd jou beste vriende wat saam besluit het om daar in te trek nie. Of almal die mense wat jy noodwendig oor 10 jaar om jou etenstafel gaan vermaak nie. MAAR vir nou:

– Is dit die mense wat daar is na ‘n slegte dag, reg met ‘n trooswoord of ‘n glasie wyn. Altyd ‘n glasie wyn.
– Is dit die mense wat daar is na ‘n lekker dag en altyd seker maak hulle sarkasme en opmerkings hou jou voete stewig op die Aarde.
– Is dit die mense betrokke in dag-na-dag roetine. Die daaglikse raadgewing. Die teleurstellings. Die deurbrake. Die trane afvee. Die motivering (om werk uit te stel). Die lag. Die (en hulle almal sal ontken dat hulle dit ook geniet) 7de Laan kyk. Die stry oor wie se beurt dit is om koffie te maak.
– Is dit die mense wat jou op hierdie oomblik ken op ‘n manier wat niemand anders jou ooit sal ken nie.
– Is dit die mense wat al 100 keer al jou idees moes hoor en tot vervelens toe hulle opinies moes lig. Hetsy oor make-up, outfits, skryfwerk, scenarios, vriende, etc.

IMG-20170322-WA0038

Nicky se laaste ballet-optrede

– Is dit die mense wat nuwe uitdagings beleef saam met mekaar soos Eerste Proef en Eerste Werk!
– Is dit die mense wat letterlik & figuurlik dáár is. Hetsy vir ‘n boekbekendstelling, balletoptrede of kooroptredes.

Ons huislied het ‘n versreël gehad wat gelui het: This is home, not for long. En soos Jaco sê: “In Haystraat hoef mens nie moeite te doen nie, mens word in elk geval waardeer.”

En hierdie jaar, is Haystraat nie net ‘n adres wat ek op die verkiesingsvorm moet invul nie. Na talle onbeplande ‘kommune-aande’, die aanneming/magstryd van/oor ‘n kat, gereelde honde-kuiergaste, Canasta-spelle, heart-to-heart gesprekke, glase (bottels) wyn, hospitaal-eskapades, beerpong-kampioenskappe, roomys-uitstappies en lag – kan ek met dankbaarheid sê dat dit huis is. ‘n Groep mense wat saam die doelwit probeer bereik om onsself en ons plekkie te ontdek in hierdie wêreld. En dat daar tog ‘n hele paar gesigte is wat ek oor 10 jaar wil sien aan daardie tafel.

DSC_0549

My heel eerste foto in die kommune 2016

En voor een van julle ego kry, dis net omdat dit heel moontlik dan nogsteeds jou beurt is om koffie te maak.

Met al my liefde,
Die huis-meermin

NS: Andries. (As die huis se amptelike aandagvraat, wou hy net ook genoem word.)