“I have loved the stars too fondly to be fearful of the night.”

“Life is like driving a car at night. You never see further than your headlights, but you can make the whole trip that way.” – E.L DoctorowStadsliggies verstaan my stilte

Liewe leser.

Jy weet mens kry soms hierdie oomblikke, wat jy wil vasvang in woorde of op kamera, maar ongeag hoe hard jy probeer, dit laat dit net nie tot reg kom nie? Ja, hierdie was een van hulle, maar ek wil graag hierdie vasvang sodat jy dalk ook iets hieruit kan neem – so kom ek neem jou saam met my op reis…

Vroeër hierdie jaar is ek en ‘n goeie vriend op ‘n mission in Potchefstroom. Ons ry die Sondagaand laat terug Pretoria toe, besig om Ekonomie te quiz sodat hy reg is vir die eksamen die volgende oggend. Nou, om konteks aan hierdie aand te gee: Ons ken mekaar in die eerste plek toe nog nie so lank nie. Nie een van ons doen op hierdie stadium die cheesy ‘Dankie dat jy daar is vir my’ one-liners nie. Okay, ons is nou nog nie so goed daarin face-to-face nie. Elk geval, eers gebeur dit dat hierdie liewe mens so one-liner daar uitruk. Ek belowe, hy sal tot vandag toe dit nie erken nie, maar ek onthou hierdie so goed soos gister. Reeds, is hierdie aand gemaak.

Ons, aspirante skrywers/die kreatiewes, is mos maar eintlik gestraf daarmee om sentiment en betekenis en watokal alles in elke oomblik te wil soek. Só bêre ons vir eers die Ekonomie handboeke en kry koffie langs die pad. Soos die huis nader kruip, en die Johannesburg-stadsliggies aan beide kante van ons oorneem, luister ons na my geliefde Riku Latti op die radio. Sagte, fluweelstem. Rustig. Amper soos iemand wat alleen in New York se strate wandel gedurende Kersdag, opsoek na geselskap, en Michael Bublé sing ‘Home’ in die agtergrond.

“Weet jy waaraan laat hierdie toneel my dink?” vra hy ietwat droomverlore tussen die liggies langs die snelweg. Weereens, hy sweer hoog en laag dis nie hoe hierdie gebeur het nie. Dit het.

So mooi as wat ek ook hierdie liggies vind, soveel verstaan as wat dit al vir my gebied het, slaan ek steeds uit in hoendervleis met sy antwoord.

“Dit herinner my dat alles okay gaan wees. Jy weet? Dat ek eendag hier gaan ry, van die werk of waarokal af, en by een van hierdie liggies gaan ‘n huis wag met mense wat my familie is en my mense is. En dit gaan okay wees.”

So volgende keer wat jy die stadsliggies sien, of op die snelweg ry en verlang na mense wat jy nie ken nie, weet: Dit gaan okay wees.

Jou woorde inspireer. Jy inspireer. En weet jy wat? Eendag gaan jy dit glo, sonder dat ek dit daagliks hoef te preek.

Dit gaan okay wees.

xx

2 thoughts on ““I have loved the stars too fondly to be fearful of the night.”

Leave a Reply

Fill in your details below or click an icon to log in:

WordPress.com Logo

You are commenting using your WordPress.com account. Log Out /  Change )

Google photo

You are commenting using your Google account. Log Out /  Change )

Twitter picture

You are commenting using your Twitter account. Log Out /  Change )

Facebook photo

You are commenting using your Facebook account. Log Out /  Change )

Connecting to %s