Die Aarde smeek vir verandering!

Image result for build your tables longer, rather than your walls higher

Liewe leser. Maatjies. Familielid. Kennis. Vreemdeling. Aarde-bewoner.

In my huis se voorportaal hang die aanhaling:

“Our lives begin to end the day we become silent about things that matter.”

…en my lewe is beslis nie aan die einde nie.

Ek het Saterdag ‘n artikel oor Menseregtedag geskryf vir afrikaans.com (Verdien ons ‘n Menseregtedag?– lees gerus hier as jy nog nie het nie) wat gehandel het oor die vraag of ons ‘n Menseregtedag verdien of al dan nie. Ná nog’ n Maandag gedurende die pandemie het ek besef ek is nog nie klaar gepraat nie. En waar anders om my sê te sê as hier?

Ek wil-wil daarop antwoord: Nee, meeste mense wat ek ken verdien nie ‘n Menseregtedag nie. Die vreemdeling vandag voor my in die apteek egter, verdien ‘n Menseregtejaar. Daar is ‘n magdom mense wat altyd regstaan om te help, se deure oop is en se harte altyd plek het vir nog, maar dit wil vir my voorkom dat daardie slegs voorwaardelik is. ‘n Viruskrisis bring blykbaar mense se ware kleure te voorskyn.

Ek wil vandag 1 houer Vitamien-C pille gaan koop. Iets wat ons eintlik altyd in die huis het, maar die hele huis het in die laaste maand griep en verkoue gehad en ons is dus deur ons voorraad. Nadat ek gestop het by meer as een Dischem en Clicks, het ek uiteindelik op die foon geklim. Geen Dischem in ons omliggende omgewing het meer voorraad nie. Hierdie geld vir die vleisrakke, die long-life melk, en selfs al die varsprodukte in Pick-n-Pay.

Elk geval, ons kom uiteindelik by ‘n klein, privaat apteek wat nog effe voorraad het. Hulle maak dit nou selfs bymekaar deur houers vol te maak met die los pille in die griepmengsels. Voor my staan ‘n vrou wat lyk na ‘n huisbediende as ek reg raai. Sy vra vir ‘n paar vitamien C pille om haar duidelike swakker immuunsisteem net bietjie te verbeter. Die apteker sê hy het nog; sy is gelukkig betyds. En wat volgende gebeur is vir my uiters belangrik:

Sy vra ewe bekommerd eers of daar nog genoeg vir almal anders sal wees.

Ek is seker hierdie selfde redenasie sou gebruik word as die pensionaris oom en tannie voor my in Woolworths betyds by die winkels was, maar hulle het eers gekom toe dit hulle gewone inkopiesdag was en nou is daar nie eers melk beskikbaar nie. Bekommerd kyk hulle na mekaar en moedeloos na hulle inkopieslys. Die swakstes is ons samelewing, asook die wat logiese denke toegepas het, trek nou aan die kortste ent.

Ek wil nie op tone trap nie. MAAR. Nou vra ek jou, klim van jou donderse pedestal af.

Jy wat in jou huis sit en dink hoe lucky jy is want jy en jou gesin het darem genoeg toiletpapier, kos en medikasie – lucky, of selfsugtig?

Mens sou dink dat jy besef die Aarde smeek vir samewerking, verandering en medemenslikheid. Juis omdat mense nie luister nie, is heel moontlik ‘n groot rede vir die situasie waarin ons nou is.

Survival of the fittest, or survival of those with more money?

Ons begin Donderdag met ‘n 21 dag lockdown. Jy het nog ‘n kans om ‘n verskil te maak. Indien jy in oorvloed het, deel. Ek glo vas daarin dat as jy meer het as wat jy nodig het, jy eerder jou tafels moet langer bou as jou mure hoër. Aangesien ons letterlik nie nou mag meer mense aan tafel hê nie, doen dit figuurlik. As jy meer het as wat jy nou nodig het, of iemand anders het heeltemal te min, DEEL. Maak pakkies op vir die wat nie het nie. Help waar jy kan. Begin ‘n inisiatief in jou area waar julle hulp verleen aan besigheideienaars wat swaar trek en nie noodwending verligting van die staat af ontvang nie, gee borde kos aan mense wat nie die luuksheid van tyd op die oomblik het nie, doen iets.

Asseblief. Enige iets.

Leave a Reply

Fill in your details below or click an icon to log in:

WordPress.com Logo

You are commenting using your WordPress.com account. Log Out /  Change )

Google photo

You are commenting using your Google account. Log Out /  Change )

Twitter picture

You are commenting using your Twitter account. Log Out /  Change )

Facebook photo

You are commenting using your Facebook account. Log Out /  Change )

Connecting to %s